Hierdie blad moedig goeie musiekwaardering aan.
(Kliek die skakel vir die lied)
Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik. (Ps. 6:2)
1. Die lewe is soms rustig, vol seëning en geluk
Dis dan …wanneer ek U vergeet en nalaat om te bid,
Maar as die wolke saampak en ek word oorval deur vrees
Dan roep ek weer na U Heer en vind U in die Woord.
Koor:
Here help my, as die lewe rustig is
O Here, help my, as die storms om my woed
Of die swaarkry kom of gaan, U sal altyd by my staan
Here help my, Here help my.
2. Heer, help… my om te onthou, ek’s swak maar U is sterk
Ek kan nie sing tensy U my, deur U Woord versterk
Alhoewel ek maklik afdwaal en graag roem in wat ek doen
Hou ek my oë op U, Heer, met U is ek versoen.
(Kliek die skakel vir die lied)
Met ‘n hart vol deernis sonder grense
Lei Hy al sy kinders elke dag
Liefdevol in swaarkry en in vreugde
Gee Hy rus en goddelike krag.
2. Sy nabyheid is vandag my sterkte
Sy genade help my elke uur
Al my sorge dra Hy in vertroosting
Hy’s my Raadsman, Vredevors en Heer
Soos ’n kosbaar skat is al Sy kinders
Hy’t Sy lewe vir ons neergelê
Sy genade’s nuut vir elke more
Ek sal glo want Hy het so gesê.
(Kliek die skakel)
Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my. (Jes. 6:8)
1. Heer, my lewe gee ek U;
Neem beheer vandag.
Ek sal volg waar U my lei,
Na en ver van hier.
KOOR: Hier is ek, Heer, stuur my.
Hier is ek, Heer, stuur my.
Ek sal volg waar U my lei -
Hier is ek, Heer, stuur my.
2. U volmaakte wil soek ek;
U, my Leidsman, Heer.
Ek sal nooit vreesagtig wees:
U is aan my sy.
3. Wys my waar kan ek getuig
Oral elke dag.
Vul my met U liefde, Heer;
Laat my bruikbaar wees.
Skrifverwysing: Genesis 28:10-22
Nader tot God, en Hy sal tot jou nader. (Jakobus 4:8)
Verwysing: Kenneth W. Osbeck; 101 Hymnstories; Kregel Publications; Grand Rapids, Michigan, 1982
“Nader, my God, aan U” word deur studente van kerkmusiek oor die algemeen beskou as een van die beste geestelike liedere wat ooit geskryf is deur enige vrouesangskrywer. Sarah Flower Adams is op 22 Februarie 1805 in Harlow, Engeland, gebore. Sy is op die vroeë ouderdom van drie-en-veertig oorlede. Die teks vir hierdie lofsang is gebaseer op die droom wat Jakob in die woestyn gehad het toe hy as vlugteling uit sy huis en van sy broer Esau gevlug het. Toe hy uit sy droom wakker word en die engele sien wat teen die leer opklim en neerdaal, noem Jakob die plek '' Bet-el '' - 'die Huis van God'. Hulle leraar het gevra of sy ‘n lied sou kon skryf oor hierdie gedeelte wat hy in ‘n preek wil gebruik. Daar is bewyse uit sommige van haar laaste geskrifte dat Sarah Adams, kort voor die einde van haar lewe, 'n bekeringservaring gehad het in ‘n Londense kerk en wedergebore gelowige geword het die Baptiste kerk bygewoon het. Daar is baie interessante voorvalle wat verband hou met die gebruik van hierdie lofsang. Daar is ook 'n bekende weergawe wat met die sink van die Die Titantic in 1912 in die ysige waters van die Atlantiese Oseaan verbind word en 1500 mense in die ewigheid gestuur word het die orkes van die skip die spanning probeer kalmeer met die speel van hierdie lied.
Skrifverwysing: Psalm 23:4 Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.
Verwysing: Artikel deur Bill Dagle van Hymn Stories
(Kliek op die skakel)
Laerskool Durbanville sing My Jesus Loves Me tydens die 2014 ATKV Applous finale in Pretoria.
(Kliek op die skakel)
Laerskool Durbanville sing U lof my eerste bede tydens die 2014 ATKV Applous finale in Pretoria.