"Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus." (2Timotheus 3:16).
deur John Ecob van Herald of Hope. Vertaal deur Tygerberg Baptiste Kerk
Die ontvouing van die waarhede van Bybelse eindtydprofesie soos uitgele in hierdie boek, sal vertroosting, versterking en hoop gee aan die individuele Christen. Herlewing in plaaslike Bybelgelowige gemeentes sal plaasvind as ons terugkeer na die Woord van God.
Beskikbaar by Herald of Hope
deur John Ecob van Herald of Hope. Vertaal deur Tygerberg Baptiste Kerk
Die Bybel is die oudste boek in die wêreld en staan apart van alle ander boeke. Oor die eeue heen het die Bybel ’n menigte aanslae weerstaan van hoër kritici, liberale teoloë vanuit die Christendom, ateïstiese filosowe, asook ewolusioniste vanuit die wêreld se wetenskaplike gemeenskap. Elke keer as die Bybel daarvan beskuldig word dat dit verkeerd is, het bewyse aan die lig gekom wat die letterlike vertolkingvan die heilige geskiedenisondersteun en staaf.
deur Peter Jackson van Herald of Hope. Vertaal deur Tygerberg Baptiste Kerk
In beide van hierdie sendbriewe aan die Thessalonisense bevestig Paulus dat die wegraping van die kerk sal plaasvind voordat die groot verdrukking sal plaasvind. Dit bevat baie praktiese vermanings om gelowiges aan te spoor om heilig te lewe terwyl hulle wag vir die wederkoms van Jesus Christus.
deur Chris Wilhelm
‘n Uitleg van die Verborgenhede van die Wysheid van God in die Nuwe Testament. Dit behels die Nuwe Testamentiese waarhede van tydperk van genade waarin ons nou leef. “Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid” 1 Kor. 2:7 ; 1 Kor. 4:1
deur Herald of Hope
Hierdie boek, wat in Engels deur die Herald of Hope bediening in Australie gepubliseer is, handel oor die twaalf klein profete se lewens wat getuig het dat hulle lewe in die krag en hoop van ‘n “ander” wêreld.
deur C.I. Scofield
Die gelowige word deur Paulus in 2 Timotheus 2 vers 15 as ‘n “werker” beskryf wat die studie van die Woord aanbetref en soos volg aangemoedig: “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.” Hierdie Skrifgedeelte wys ons dat daar ‘n regte manier is om die Woord van die Waarheid, die Bybel, te sny of uit te lê. Gevolglik kan ons aflei dat ‘n mens nie ‘n werker kan wees “wat hom nie hoef te skaam nie”, sonder om die woord van die waarheid reg te uit te lê nie. Enige studie van die Woord van die Waarheid, wat die leerstelling oor die indelings in die Bybel ignoreer of oorsien sal nutteloos en verwarrend wees.
deur dr. Marc Blaclwell sr., vertaal deur Tygerberg Baptiste Kerk
Daar word algemeen aanvaar dat die oorspronklike lesers van die Bybel in die war gebring is deur ’n felle aanslag van dwaalleraars wat ’n vorm van vroeë Christen-gnostisisme verkondig het. Inderdaad lewer 1 Johannes self hiervoor sterk getuienis in sy uitsprake teen die dwaalleraars en teen hulle valse beskouings – besonderlik in 1 Johannes 2:18–27en 4:1–6. Hierdie is 'n kort Bybelstudie oor die boek 1 en 2 Johannes wat Christene bemoedig om getrou te bly ten spyte van die stryd.Het jy al oorweldig gevoel deur sekere lewensituasies wat jou so ontstel dat jy jou lank en aanhoudend daaroor loop en kwel? Dalk het jy al ‘n ontstellende nuusberig oor die radio gehoor of op televisie gesien, dinge waarvan die beelde en indrukke daaruit jou tot trane gedryf het.
deur Chris Wilhelm
Daar word algemeen aanvaar dat die oorspronklike lesers van die Bybel in die war gebring is deur ’n felle aanslag van dwaalleraars wat ’n vorm van vroeë Christen-gnostisisme verkondig het. Inderdaad lewer 1 Johannes self hiervoor sterk getuienis in sy uitsprake teen die dwaalleraars en teen hulle valse beskouings – besonderlik in 1 Johannes 2:18–27en 4:1–6. Hierdie is 'n kort Bybelstudie oor die boek 1 en 2 Johannes wat Christene bemoedig om getrou te bly ten spyte van die stryd.
deur DL Moody, vertaal deur Tygerberg Baptiste Kerk
Die Bybel is ‘n gidshandleiding op die lewenspad en dui die weg na die hemel aan. Ons moet die hele Bybel bestudeer – Ou en Nuwe Testamente, bv: Hebreërs en Levitikus en Handelinge en Paulus se briewe, die Klein Profete en Historiese boeke van die Ou testament.
deur Chris Wilhelm
Die Evangelie van Johannes is gebou rondom sewe wonderwerke en sewe “Ek is” stellings van Christus. Die vyf basiese afdelings van die boek kan soos volg opgedeel word: Die vleeswording van die Seun van God (1:1-18), die voorstelling van die Seun van God (1:19-4:54), opposisie teenoor die Seun van God (5:1-12:50), die voorbereiding van die dissipels deur die Seun van God (13:1-17:26), en die kruisiging en opstanding van die Seun van God (18:1-21:25).
deur Chris Wilhelm
Daar kom tye waar ons almal afdwaal. Dit is dan bemoedigend om te weet dat daar iemand is wat vir ons sal wag met ope arms. Hierdie kort studie leer ons van die Vader van alle vaders.
deur Eric Rees van Herald of Hope
Die Wet, die Profete en die Psalms is die drie hoof indelings van die Ou Testament. Ons kan seker wees dat die dinge wat in die Psalms oor Christus se Duisendjarige Vrederyk Koninkryk gesê is belangrik en waar is, omdat Hy dit self gedurende Sy aardse bediening onderskryf het. Want Hy is “Die Woord”.
deur Tygerberg Baptiste Kerk
Hierdie bundel is ‘n verklarende woordeboek van geselekteerde sleutelwoorde en ander terme wat gereeld in Bybelstudies en preke van die onafhanklike Baptiste kerke voorkom. Dit is ‘n versameling sleutelwoorde en terme wat oor die algemeen deur studente van CMI/OBK Bybel Instituut gebruik word as ‘n deel van die onafhanklike Baptiste kerke van Suid-Afrika se leraars opleidingsprogram.