Daar is mense wat die rol van die kerk in vandag se samelewing bevraagteken. Onder hierdie tema is verskeie artikels oor die gemeente as instansie deur God gevestig, en die rol wat dit in vandag se samelewing behoort te speel.
deur David Moss
In die vroeë 1970's het 'n jong man en sy drie vriende met 'n deur-tot-deur-opname in ‘n sekere deel van Amerika probeer uitvind wat mense graag in 'n kerk wil hê. Met die informasie wat hulle opname geproduseer het, het hulle ‘n kerk gestig met die doel om die verwagtinge van nie-kerkgaande mense tevrede te stel. Dit was die begin van 'n dramatiese verandering in die manier waarop kerke en predikante na hul gemeenskappe begin kyk het.
deur Raymond H. Saxe
Daar word vandag ‘n baie duidelike boodskap aan Christene uitbasuin. Dit het te doen met die leer oor die Heilige Gees. In die laaste jare is daar baie klem geplaas op die Heilge Gees en verkeerde leer het baie mislei. Hierdie boekie bevat breedvoerige leering oor 'n regte beskouing van die werk van die Heilige Gees in die kerk vandag.
deur Chris Wilhelm
Daar is vandag ‘n groeiende aantal Christene wat leer dat daar geen bewyse in die Bybel is dat die kerk formeel byeengekom, soos wat die meeste kerke dit vandag doen nie. Alhoewel hulle ook erken dat gelowiges byeen moet kom om sekere gebruike soos die Nagmaal, Bybellesse en gebed te beoefen, is dit volgens hulle, nie nodig vir kerkdienste en te veel organisasie nie.
deur Chris Wilhelm
Die onafhanklike kerke groei in Suid Afrika. Met soveel kerke om van te kies, wat is die kenmerke van die Onafhanklike Baptiste Kerk en waarom kan ons weet dat hierdie tipe kerke vir ons 'n goeie keuse is.
deur David Moss
Geld is een van die belangrike praktiese hulpmiddels wat benodig word om die werk van God op aarde uit te voer. Buiten die salarisse van die voltydse dienaars van God, moet daar ook noodwendig ander hulpmiddels aangekoop word om mense te leer en die huur van gebou te betaal om die fasiliteite te verskaf waarin al hierdie aktiwiteite kan plaasvind. Die vraag is dan: Waar moet die geld vandaan kom om vir hierdie dinge te betaal en sodoende die werk van God te befonds?
deur Herald of Hope
Die eerste beswaar teen kerklidmaatskap kom van die interkerklike en andere wat sê dit is nie ’n Bybelse opdrag nie. Hierdie bedenkinge enbesware, soos jy in hierdie traktaat sal lees, is doodeenvoudig nie waar as dit met die Bybel gemeet word nie.
deur John MacArthur
Die kerk in Suid-Afrika begin al hoe meer dieselfde neigings aan te neem as die kerk in Amerika. Kerke neem 'n meer korporatiewe vorm aan en bedryf 'n besighed van getalle. Die druk om 'n suksesvolle besigheid te bou met 'n positiewe bankbalans forseer die kerke om meer soos 'n vermaaklikheidsentrum te lyk as 'n kerk. Hoe moet die kerk wees? Johan MacArthur bied 'n goeie siening oor die saak.