Musiekspan

Marisa Wilhelm

Tel: 082-763-9173

E-pos: marisahwilhelm@gmail.com

Hierdie blad moedig goeie musiekwaardering aan.

(Kliek die skakel vir die lied)


Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik. (Ps. 6:2)

1. Die lewe is soms rustig, vol seëning en geluk

Dis dan …wanneer ek U vergeet en nalaat om te bid,

Maar as die wolke saampak en ek word oorval deur vrees

Dan roep ek weer na U Heer en vind U in die Woord.

Koor:

Here help my, as die lewe rustig is

O Here, help my, as die storms om my woed

Of die swaarkry kom of gaan, U sal altyd by my staan

Here help my, Here help my.

2. Heer, help… my om te onthou, ek’s swak maar U is sterk

Ek kan nie sing tensy U my, deur U Woord versterk

Alhoewel ek maklik afdwaal en graag roem in wat ek doen

Hou ek my oë op U, Heer, met U is ek versoen.

(Kliek die skakel vir die lied)




1. Dag na dag deur elke lewens-oomblikKry ek krag om swaarkry te hanteerEk vertrou my Vader het AlwysheidAl my vrees laat ek daar voor Hom neer

Met ‘n hart vol deernis sonder grense

Lei Hy al sy kinders elke dag

Liefdevol in swaarkry en in vreugde

Gee Hy rus en goddelike krag.

2. Sy nabyheid is vandag my sterkte

Sy genade help my elke uur

Al my sorge dra Hy in vertroosting

Hy’s my Raadsman, Vredevors en Heer

Soos ’n kosbaar skat is al Sy kinders

Hy’t Sy lewe vir ons neergelê

Sy genade’s nuut vir elke more

Ek sal glo want Hy het so gesê.

(Kliek die skakel)

Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my. (Jes. 6:8)


1. Heer, my lewe gee ek U;

Neem beheer vandag.

Ek sal volg waar U my lei,

Na en ver van hier.

KOOR: Hier is ek, Heer, stuur my.

Hier is ek, Heer, stuur my.

Ek sal volg waar U my lei -

Hier is ek, Heer, stuur my.

2. U volmaakte wil soek ek;

U, my Leidsman, Heer.

Ek sal nooit vreesagtig wees:

U is aan my sy.

3. Wys my waar kan ek getuig

Oral elke dag.

Vul my met U liefde, Heer;

Laat my bruikbaar wees.


Nader my God by U

Skrifverwysing: Genesis 28:10-22

Nader tot God, en Hy sal tot jou nader. (Jakobus 4:8)


1. Nader, my God, by U ---steeds naderby! Al is daar ook 'n kruis nodig vir my; Dan sal my lied nog bly: Nader, my God, by U --- nader, my God, by U --- nog naderby. 2. Al is ek ver op reis, dwaal ek alleen; al moet ook snags my hoof rus op 'n steen; Dan bring my drome my nader, my God, by U --- nader, my God, by U --- nog naderby! 3. Dan sien my geestesoog 'n hemelleer: Engele gaan daar omhoog, en- daal weer neer; Hul wink en roep vir my nader, my God, by U --- nader, my God, by U --- nog naderby! 4. Wanneer ek dan ontwaak, vol van u lof, rig ek my altaar daar op- uit die stof. So kan beproewing lei nader, my God, by U --- nader, my God, by U --- nog naderby! 5. Word ek dan hiervandaan eenmaal gedra, dan vaar ek hemelwaarts deur u gena; Dan sal my lied nog bly: Nader, my God, by U --- nader, my God, by U --- nog naderby!

Verwysing: Kenneth W. Osbeck; 101 Hymnstories; Kregel Publications; Grand Rapids, Michigan, 1982

“Nader, my God, aan U” word deur studente van kerkmusiek oor die algemeen beskou as een van die beste geestelike liedere wat ooit geskryf is deur enige vrouesangskrywer. Sarah Flower Adams is op 22 Februarie 1805 in Harlow, Engeland, gebore. Sy is op die vroeë ouderdom van drie-en-veertig oorlede. Die teks vir hierdie lofsang is gebaseer op die droom wat Jakob in die woestyn gehad het toe hy as vlugteling uit sy huis en van sy broer Esau gevlug het. Toe hy uit sy droom wakker word en die engele sien wat teen die leer opklim en neerdaal, noem Jakob die plek '' Bet-el '' - 'die Huis van God'. Hulle leraar het gevra of sy ‘n lied sou kon skryf oor hierdie gedeelte wat hy in ‘n preek wil gebruik. Daar is bewyse uit sommige van haar laaste geskrifte dat Sarah Adams, kort voor die einde van haar lewe, 'n bekeringservaring gehad het in ‘n Londense kerk en wedergebore gelowige geword het die Baptiste kerk bygewoon het. Daar is baie interessante voorvalle wat verband hou met die gebruik van hierdie lofsang. Daar is ook 'n bekende weergawe wat met die sink van die Die Titantic in 1912 in die ysige waters van die Atlantiese Oseaan verbind word en 1500 mense in die ewigheid gestuur word het die orkes van die skip die spanning probeer kalmeer met die speel van hierdie lied.

Bly by my Heer

Skrifverwysing: Psalm 23:4 Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.


1. Bly by my Heer terwyl die skadu’s daalDie aarde word met duisternis oorval,As alle hulp en troos op aarde feil,Help my dan, Heer, en laat my by U skuil 2. U het my, Heer, van jongs af steeds behou, al was ek soms opstandig en ontrou; soos ek van U, was U nooit ver van my; wil tot die einde dan nog by my bly!

Verwysing: Artikel deur Bill Dagle van Hymn Stories


(Kliek op die skakel)

Laerskool Durbanville sing My Jesus Loves Me tydens die 2014 ATKV Applous finale in Pretoria.

(Kliek op die skakel)

Laerskool Durbanville sing U lof my eerste bede tydens die 2014 ATKV Applous finale in Pretoria.