Publikasies

Ons visie is om geestelik betroubare publikasies in Afrikaans beskikbaar te stel. In hierdie bediening verskaf ons publikasies wat handel oor aktuele onderwerpe en vrae wat baie mense mag hê oor Christenskap. Die materiaal is in Afrikaans beskikbaar en kan gratis afgelaai en gebruik word. Ons enigste versoek is dat die inhoud nie in wese verander of vir finansiële gewin gebruik word nie.

Temas

Daar is mense wat die rol van die kerk in vandag se samelewing bevraagteken. Onder hierdie tema is verskeie artikels oor die gemeente as instansie deur God gevestig, en die rol wat dit in vandag se samelewing behoort te speel.

Die Bybel gee baie praktiese riglyne vir die gesin soos die verlangde gesindheid van die lede om geestelike groei en eenheid te bevorder en wat tot 'n gelukkiger en vervulde lewe lei.

Die Bybel gee baie praktiese riglyne vir ons as individue soos om beter besluite te maak wat geestelike groei bevorder wat tot 'n gelukkiger en vervulde lewe lei.

"Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus." (2 Tim 3:16-17).

Soms gaan almal deur moeilike tye as gevolg van verlies wat tot trauma kan lei. Jesus het self deur baie trauma gegaan en verstaan waardeur ons gaan. Hierdie kategorie het inligting wat van hulp kan wees.

Jesus Christus het vir ons die voorbeeld gestel van hoe ons moet wees. Laat ons dan ons toewy om soos Hy te wees, gehoorsaam to die dood toe. "Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig." (1 Pet 1:15-16)

"Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook 'n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin. God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie." (Rom 11:1-2a).

Ons bestudeer die Bybel met ‘n letterlike, grammaties-historiese en kontekstuele interpretasie en vind praktiese maniere om dit wat ons leer toe te pas.

Wat is die mens?

Die Bybel het baie inligting oor die mens en sy lewe in die geheel. Ons vat die leering van die Bybel oor die mens ernstig op en wil graag leer hoe God ons sien en wat Hy in wil vir ons moontlik gemaak en voorsien het.

Vanaf Genesis tot Openbaring, gee die Bybel vir ons inligting oor wat God beplan vir die volgende tydperk. Hierdie leer oor die eindtye is nie net inligting nie, maar belangrike perspektief om ons huidige wereld te verstaan.

Die groot opdrag om disspels te maak is makliker gese as gedaan. In hierdie deel bied ons handige wenke hoe om hierdie opdrag te kan gehoorsaam.

Met soveel slegte nuus in die wereld vandag, is dit belangrik dat Christene sal poog om ander te bemoedig. Dit was een van die kernelemente van Jesus se bediening op aarde.

Vir ons is die leer oor die doop van gelowiges nie ‘n ingewikkelde of komplekse onderwerp nie, maar eerder ‘n saak van geloof in die Woord van God.

In die laaste dekade het daar in die kuberruimte ‘n radikale toename in beskikbare inligting plaasgevind wat mense maklik op 'n dwaalspoor kan plaas.

Christene word vandag gebombardeer met kwesies en vraagstukke wat die behoud van die Christelike geloof bedreig. In hierdie deel kyk ons na die antwoorde wat die Bybel vir hierdie vraagstukke bied.