Ter Bemoediging

Ons almal het bemoediging nodig.

Die Ligtoring

Die geskiedenis van skeepvaart vertel die verhaal van baie skepe wat met hul kosbare vrag van goedere en passasier in die donker, onheilspellende nag nie ver van ‘n veilige hawe op die rotse te pletter geloop het en gestrand is nie. In baie van hierdie gevalle, het die afwesigheid van ‘n ligtoring diegevaarlikewatersen rotsagtige kuslynmisleidend gemaak. Asgevolg hiervanisduisende ligtorings,elkeen uniek in eie reg, dwarsoor die wêreld opgerig om skepe veilig te lei.

Lees verder...

Die Hemel

Hemel. ‘n Plek so mooi dat dit nie met woorde beskryf kan word nie. ‘n Hoop wat so wonderlik is dat dit onmoontlik is om te verstaan en ‘n liefde so kosbaar dat niks op aarde daarmee vergelyk kan word nie.

Lees verder...

Moenie tou opgooi nie

Ek het in my gebede en gedagtes oor die afgelope tyd, baie gedink aan die feit dat ons as gemeente in die laaste paar jaar nogal deur traumatiese ervarings gegaan het.

Lees verder...

God bied betekenisvolle lewens

God het die mens “na sy beeld” geskape - “man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen. 1:27). Die gelykenis van God behels ‘n geestelike, morele en sosiale karakter wat ‘n goddelike betekenis aan hulle lewens sou gee. Nadat God die mens as man en vrou geskape het, het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers…(daaroor)” (Gen. 1:28). God het in sy skeppingsaksie en seëning van die mens, betekenis aan hulle lewens gegee. In hierdie studie gaan ons kyk na die PLEK, PRINSIEP en PLAN van ‘n betekenisvolle lewe.

Lees verder...

Die kleiner gemeente

Oor die laaste afgelope jaar het ek die geleentheid gehad om die karakter en dinamiese eienskappe van ons gemeente te ervaar en te ondersoek. Ek het geleer om te verstaan hoe ons gemeente werk, omdat ek dit aan soveel ander mense moes verduidelik. Daarom wil ek my gewaarwordinge en die lesse wat ek geleer het in ‘n reeks persoonlike briewe met elkeen deel, om julle te help om self die unieke karakter van ons gemeente te verstaan en te kan verduidelik.

Lees verder...

Die Bybel

Hierdie Boek openbaar die gedagtes van God, die toestand van die mens, dieweg na saligheid, die vonnis van sondaars en die blydskap van gelowiges.

Lees verder...

Jy kan, want Jesus het!

Soms voel dit asof die mooi tye, wat vol mooi herinneringe moet wees, eerder gevul is met herinneringe van swaarkry en worsteling. Miskien is ons op die verkeerde plek, of het ons die Here verkeerd gehoor?

Dink ‘n bietjie hieraan ...

"Maar onthou die vorige dae (die mooi tye – nlv)..." sê die skrywer van Hebreërs, “waarin julle ‘n groot lydensworsteling (great and painfull struggle - Amplified) deurstaan het (ten spyte van alles volhard het - nlv)”.

Goed dan, maar wat help dit as ons dink aan hoe ons volhard het in die mooi tye, as hierdie tye in elk geval gevul is met herinneringe van swaarkry?

Eerstens, “Omdat julle deur smaad (insults and abuse – Amplified) en verdrukkinge (distress – Amplified) ‘n skouspel (openbare bespotting/getuienis – nlv) geword het...”.

Tweedens, “Omdat julle deelgenote (common cause – Amplified) geword het van die wat in so ‘n toestand verkeer het (julle het saam gely met hulle - nlv).

Derdens, “Omdat julle geweet het dat julle in julself ‘n beter en blywende besitting in die hemele het.”

God wil jou lewe gebruik om die lewe van Sy Seun uit te beeld. Hy kon gekies het om dit te doen deur jou buiten gewoon welvarend te maak. Dit sou egter die bestaan van sonde en die behoefte vir verlossing ontken het. Met ander woorde, dit sou nie voorsiening gemaak het vir die voortreflikheid van die Seun van God, as Verlosser nie.

Die mooi tye, alhoewel gevul met herinneringe van swaarkry en ‘n stryd teen die sonde, is tye waar ons kan identifiseer met die lydende Christus en met ander wat voor ons net soveel swaarkry deurstaan het as ons. Hierdie identifisering met geloofshelde van vorige tye, motiveer ons om uit te sien na die erfenis wat in die hemel vir ons wag en wat hulle nou alreeds deel het aan. Dit is dus nie die mooi tye sonder swaarkry wat vir ons waardevol is nie, maar die mooi tye met worsteling, waar ons kan voel dat ons soos die ander medegelowiges gely het vir ‘n goddelike saak. Die natuurlike ding is om te probeer wegkom van ons swaarkry, maar die geestelike ding is om meer en meer te identifiseer met hulle wat voor ons dieselfde deurgegaan het en te weet dat ons ‘n openbare skouspel/getuienis is van die heiligmaking van die vlees (Heb. 12)

“Werp dan julle vrymoedigheid (fearless confidence – nlv), wat ‘n groot beloning (great and glorious compensation of reward – nlv) het, nie weg nie” of soos die Nuwe Lewende Vertaling sê: “Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ‘n groot beloning in.”

Jy kan, want Jesus het!