Praktiese Wenke vir die Christelike Lewe

  • As ‘n ambassadeur van die evangelie moet jy wys, nederig en dapper wees. Jy moet weet dat jy gered is en besef dat, mense sonder Christus, verlore is.
  • Ken die Evangelie en glo in die krag daarvan.
  • Moenie aanstoot gee deur verkeerde optrede, kleredrag, argumente of om druk uit te oefen nie; maar moenie die aanstoot van die kruis vermy nie.
  • Gebruik die Woord. As dit moontlik is, dra altyd ‘n Nuwe Testament saam met jou en wanneer jy iemand lei om ‘n besluit te neem, laat hyself die Skrif lees.
  • Hou jou hart skoon. “As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie” (Ps. 66:18).
  • Wees toegewyd. “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God” (1 Kor. 10:31) “Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof” (Fil. 3:7-9).
  • Wees taktvol. “Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie” (2 Kor. 6:3).
  • Bid gedurig. “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God” (Fil. 4:6); “Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde” (Matt. 6:6).
  • Wees seker van jou eie redding. “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus” (Rom. 5:1); “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees” (Rom. 8:1).
  • Moenie deel wees van die wêreld nie. “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?” (2 Kor. 6:14).
  • Wees doelgerig. “want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde” (1 Kor. 2:2).
  • Wees spesifiek. “hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie” (Joh. 3:18).
  • Wees ‘n Bybel-student en gee spesiale aandag aan die Evangelies – “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny” (2 Tim. 2:15)
  • Wees lief vir die Here Jesus Christus. “En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik” (1 Pet. 3:8); “Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het” (1 Joh. 4:19).
  • Kweek ‘n intense liefde vir siele. “Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding” (Rom. 10:1).
  • Groei in ‘n onwankelbare geloof. “Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus” (Ef. 6:16).
  • Wees volkome afhanklik van die Heilige Gees. “maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het” (Joh. 14:26); “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig” (Matt. 11:28-30).
  • Wees versigtig om nie onmiddellike besluite af te dwing nie. “Glo u die profete, koning Agríppa? Ek weet dat u glo. En Agríppa sê vir Paulus: Jy beweeg my byna om ‘n Christen te word. En Paulus sê: Ek sou wel God wil bid dat sowel byna as heeltemal nie alleen u nie, maar ook almal wat my vandag aanhoor, so mag word soos ek is, buiten hierdie boeie” (Hand. 26:27-29).
  • Wees geduldig. “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie” (Gal. 6:9).

Rom. 12:11 “wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here”.

Uitgee deur Goeie Hoop Publikasies - navrae@tbg.org.za