Die Internet

In die laaste dekade, het daar in die kuberruimte ‘n radikale toename in beskikbare inligting plaasgevind wat mense maklik op 'n dwaalspoor kan plaas.

Die Gevare van die Internet Biblioteek

deur Chris Wilhelm

In die laaste dekade het daar ‘n radikale toename in beskikbare bronmateriaal in die kuberruimte plaasgevind. Hierdie ontploffing van materiaal, wat baie goedkoop of heeltemal verniet aangebied word, is so oorweldigend dat die niksvermoedende en naïewe Christen, wat sonder onderskeiding daardeur soek, heel waarskynlik uitgevang sal word deur die vermenging van waarheid en valse leer. Sommige welmenende Christene sal nie die onmiddellike gevare raaksien nie en enige materiaal wat beskikbaar is, gebruik, as dit nie blatante leuens of onwaarhede verkondig nie.