Wat ons glo

1. Aangaande Die Skrif

Ons glo dat die Bybel soos dit oorspronklik geskryf is, ...

a) geïnspireer is deur die Heilige Gees van God, weergegee deur Gees vervulde (beheerde) mense, sodat wat hulle geskryf het volkome onfeilbaar en foutloos is – die woorde van God (2 Tim. 3:16; 2 Pet. 1:21);

b) die waarheid is, heeltemal volmaak, sonder weerspreking en volkome bekwaam om die gelowige in heiligmaking en geestelike groei toe te rus. (Joh. 17:17; Luk. 24:44,45; Ps. 119:160; 2 Kor. 3:5; 2 Tim. 3:17);

c) deur God bewaar is en dat dit tot in alle ewigheid sal volstaan (Jes. 55:11; Ps. 119:89);

d) die enigste volledige en finale openbaring van die wil van God aan die mens is (Spr. 30:5,6; Openb. 22:18), geïnspireer is deur die Heilige Gees van God, weergegee deur Gees vervulde (beheerde);

e) die ware kern van die Christelike eenheid is (Matt. 7:21,23);

f) die allerhoogste, waaragtige outoriteit waardeur alle menslike optrede en gedrag, geloof en menings getoets sal word (Joh. 12:48; Rom. 3:4; 2 Tim. 3:16), en dat die mens in sy verhouding met God van waarheid tot ondervinding moet beweeg en nie van ondervinding na waarheid nie (2 Tim. 3:17);

g) letterlik aanvaar en uitgelê moet word.

(Ter verduideliking)

Met die “Heilige Skrif” bedoel ons die versameling van die 66 boeke van Genesis tot Openbaring wat soos oorspronklik geskrywe, nie alleen die Woord van God bevat en weergee nie, maar in werklikheid die waaragtige Woord van God is.

Met “geïnspireer” bedoel ons dat die boeke van die Bybel geskryf is deur Heilige manne van God, soos hulle deur die Heilige Gees gelei is, op so ‘n definitiewe wyse dat hulle geskrifte bonatuurlik geïnspireer en foutloos is, soos geen ander geskrifte nog ooit was of ooit sal wees nie.

Met “letterlik” glo ons dat die hele Bybel volgens die normale taal gebruik verstaan en uitgelê moet word. Hierdie metode erken beeldspraak en stylfigure, maar verwerp die vergeesteliking van die Skrif – (soos byvoorbeeld, in ‘n allegoriese sin uitlê). Hierdie letterlike metode lei ons verder om die verskillende dispensasies van God se genadige handeling met die mens te erken en die verskil te sien wat God tussen die Kerk en Israel gestel het. (Ef. 2:11-3:13; Rom. 11)

2. Aangaande Die Godheid

2.1. Van die Vader glo ons...

a) dat daar net een ware lewende God is wat in alle opsigte sonder weerga en perke is;

b) dat Hy Skepper en Heerser van hemel en aarde is en onuitspreeklik heilig en alleen waardig van alle aanbidding, vertroue en liefde is (Openb. 4:11; Ex. 15:11 & 20:2,3);

c) in die Drie Enige Godheid wat bestaan uit die Vader, Seun en Heilige Gees wat in elke opsig gelyk is aan alle Goddelike volmaaktheid en in volkome eenheid saamgebind is (Matt.28:19; Joh.15:26; Ef.2:18).

2.2. Van Jesus Christus glo ons...

a) in die persoon Jesus Christus die enigste Seun van God die Vader;

b) dat Jesus Christus verwek is deur die Heilige Gees in die maagd Maria en gebore is op aarde sonder enige vlek of sonde;

c) dat Jesus Christus gebore is as ‘n mens volkome gelykwaardig aan die Vader in alle opsigte (Joh.10:30 & 14:9; Luk.1:35; 1 Joh.1:14);

d) dat Jesus Christus terwille van ons sondes as mens gely, gekruisig, begrawe en op die derde dag uit die dood opgestaan het, opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die Vader (Luk. 24:36-40 & 51).

2.3. Van die Heilige Gees glo ons...

a) dat die Heilige Gees in persoon een en dieselfde Wese, Majesteit en heerlikheid is as die Vader en die Seun (Joh. 14:16,17 & 26; Heb. 9:14) ;

b) dat die Heilige Gees nie gemaak, geskep of gebore is nie, maar dat Hy van alle ewigheid bestaan en ook aktief was in die skepping van hemel en aarde (Gen. 1:1-3);

c) dat die Heilige Gees ons oortuig van sonde, oordeel en geregtigheid (Joh.16:8);

d) dat die Heilige Gees ons leer en krag gee om die Heilige Skrif, die Bybel te verstaan en daarvan te getuig (Hand. 5:30-32; Joh. 15:26,27);

e) dat die Heilige Gees ons doop en toerus met sy inwoning vanaf ons wedergeboorte tot en met die wederkoms van ons Verlosser en Heer, Jesus Christus (Rom. 8:9,14,16,26,27; 1Pet. 1:2; Hand. 11:16).

3. Aangaande Die Satan

Ons glo dat Satan ‘n persoonlikheid is wat, ...

a) eens die heilige hemelse heerlikheid geniet het, maar deur trots en ambisie, om soos die Almagtige te wou word, tot ‘n val gekom het (Jes. 14:12-13; Eseg. 28:15-17);

b) saam met hom ‘n skare engele tot ‘n val gebring het (Open. 12:9; Jud. 6; 2 Pet. 2:4);

c) nou die verslane, bose owerste en onheilige god van hierdie wêreld is (2 Kor. 4:3-4; Mat. 4:8, Joh. 12:31, 14:30; Ef. 2:2);

d) die groot versoeker en aanklaer van die heiliges is (Matt. 4:1-3; 1 Pet. 5:8; Open. 12:10; Luk. 22:31);

e) die vyand van God is (Matt. 13:25, 37-39; 1 Joh. 3:8);

f) die outeur van alle valse godsdienste, teëstanders van die geloof, die heer van die antichris en leier van alle magte van duisternis is (2 Kor. 11:13-15; Mark. 13:21-22; 1 Joh. 2:22, 4:3; 2 Joh. 7; 2 Thess. 2:7-10);

g) magtig is, maar nie alwetend, almagtig of alomteenwoordig is nie en wat nie die gelowige wat gehoorsaam aan die Here en Sy Woord is, kan oorweldig nie (Jak. 4:7; 1 Joh. 4:4);

h) oorwin is deur Jesus Christus se dood aan die kruis (Gen. 3:15; Kol. 2:14-15), en bestem is tot ewige veroordeling en verdoemenis in die Hel, die plek wat vir hom en sy engele voorberei is (Open. 12: 7-9, 19:11, 19-20, 20:7-10).

4. Aangaande Die Skepping

Ons glo in die Bybelse weergawe van die Skepping en...

a) dat dit letterlik aanvaar moet word en nie simbolies of figuurlik is nie (Gen. 1:1; Ex. 20:11; Hand. 4:24; Kol. 1:17; Heb. 11:3; Joh. 1:3; Open. 10:6; Rom. 1:20; Hand. 17:23-26; Jer. 10:10);

b) dat die mens geskape is deur God na Sy beeld en gelykenis (Gen. 1:27; 1 Kor. 11:7);

c) dat die skepping nie oor ‘n lang periode gebeur het of deur evolusie of evolusionêre verandering van ondergeskikte spesies na meer volmaakte spesies teweeggebring is nie (Gen. 2:7, 21-23; Joh. 1:3; Kol. 1:16, 17);

d) dat alle diere en plante geskape was om volgens hulle soorte te vermeerder Gen. 1:11, 24;).

5. Aangaande Die Mens en Die Sondeval

Ons glo...

a) dat die mens in onskuld geskape was, deur sy eie vrye wil besluit het om ongehoorsaam te wees, en daardeur tot sy sondige toestand verval het (Gen. 1:27; 3; Rom. 5:12, 19);

b) dat as gevolg van die sondeval, die mens dood is in sonde deur die erfenis van Adam se sondige natuur en deur vrye keuse om te sondig en dat hy alleenlik deur wedergeboorte vernuwe kan word (Ef. 2:1-3; Rom. 3:10-13);

c) dat die mens daardeur van nature ontbreek aan die heerlikheid van God wat deur die wet vereis word, en dus neig na die kwaad (Rom. 3:11; Gal. 3:22; Ef. 2:1-3; Ps. 40:12);

d) dat die mens sonder verskoning of verdediging deur God tot ‘n ewige straf in die Hel veroordeel word waar die mens van die teenwoordigheid van God geskei sal wees (Rom. 1:19,20; 2:1, 12-15; 3:9-20, 23; Open. 20:14-15);

e) dat die mens se enigste hoop op die ewige lewe deur die verlossing van Jesus Christus is (Joh. 3:3; Hand. 4:12; Ef. 2:8-9; Gal. 3:26).

6. Aangaande Die Versoening Deur Jesus Christus

Ons glo...

a) dat die Heilige Skrif ons leer dat die redding van sondaars alleenlik en waaragtig deur God geïnisieer is en volbring is deur die onselfsugtige opoffering van Sy Seun Jesus Christus ter vergewing van alle sondes (1 Kor. 15:3,4; Matt. 18:11; Joh. 3:16);

b) dat sondes vergewe kan word deur onvoorwaardelike geloof in Jesus Christus se verlossingswerk aan die kruis en ware belydenis van sondes en nie deur goeie werke nie (Hand. 13:38-39; 16:31; Ef. 2:8-9);

c) dat Jesus Christus nie as ‘n martelaar gesterf het nie, maar dat Hy werklik en vrywillig die mensdom se sondes liggaamlik gedra het tot aan die kruis om daar te sterf vir alle sondes. Hy wat die enigste regverdige is, gesterf het vir die vergewing en redding van alle onregverdiges se sondes (Joh. 10:18; 1 Pet. 2:24; 3:18; Jes. 53:11);

d) dat Jesus Christus liggaamlik uit die dood opgestaan het en nou op Sy hemelse troon aan die regterhand van God die Vader sit en dat geen verdere bloedoffers nodig is ter vergewing van sondes nie (Heb. 10:10,12,14; 12:2; 1 Joh. 2:2);

e) dat die versoening wat deur die bloed van Jesus Christus teweeggebring is vir enige persoon beskikbaar is wat ten volle en algeheel glo en bely dat Jesus Christus die enigste verlosser en Heer is. Dit is die plegtige verantwoordelikheid van die mens om hierdie aanbod van Jesus Christus se verlossingswerk te aanvaar (Hand. 17:30; Rom. 10:8-10).

7. Aangaande Redding Deur Genade

Ons glo...

a) dat om gered te word alle mense wedergebore moet wees (Joh. 3:3; Gal. 3:26);

b) dat ‘n wedergebore persoon ‘n nuwe skepsel in Jesus Christus is (2 Kor. 5:17);

c) dat die redding van ‘n siel in ‘n oomblik gebeur en dat dit nie ‘n lang proses is nie (Joh. 3: 5-7; Hand. 16: 30-33);

d) dat deur die nuwe geboorte ons wat dood in die sonde was, deelgenote gemaak is van die goddelike natuur en die ewige lewe ontvang wat ‘n geskenk van God is (2 Pet.1:4; Rom. 6:23; Ef. 2:1,4-9; Kol. 2:13; Tit. 3:5);

e) dat die nuwe geboorte tot stand gebring is op ‘n manier wat bo alle menslike begrip is, nie deur kultuur, karakter of enigsins deur die toedoen van enige mens nie, maar alleenlik deur die krag van die Heilige Gees in samewerking met die Goddelike Waarheid om sodoende ons in staat te stel tot vrywillige gehoorsaamheid deur geloof in die Evangelie (Joh. 1:12,13; Joh. 3:8).

8. Aangaande Die Sekerheid Van Saligheid

Ons glo...

a) dat elke persoon wat Jesus Christus as persoonlike Verlosser en Saligmaker aanneem, onmiddellik die ewige lewe ontvang en as seun van God aangeneem word (1 Joh. 5:11-13; 1 Joh. 1:12; Rom. 8:15-16);

b) dat die gelowiges deur die krag van God bewaar word, en ewig veilig is sonder enige menslike werke (Fil. 1:6; Ef. 2:8-10);

c) dat die gelowiges se groei tot die gelykheid van Jesus Christus (heiligmaking), God die Vader se kenmerk is waaraan die gelowiges uitgeken kan word van onegte gelowiges. (Rom. 8:28; Joh. 14:21-23; 13:34,35; Ef. 2:10; Jak. 2:14-20).

9. Aangaande Heiligmaking

Ons glo dat Bybelse heiligmaking die proses is waardeur, volgens die wil van God, die gelowige afgesonder is van sonde tot Christus. Dit het drie aspekte:

a) Die gelowige word by bekering en geloof in Jesus Christus dadelik afgesonder tot ‘n Vader-seun verhouding met God. Hy is vrygemaak van die straf van sonde en is regverdig verklaar (1 Kor. 1:30, 6:11 ; 2 Thess. 2:13; Heb. 10:10, 14).

b) Die gelowige word afgesonder van die wêreld en sonde deur ‘n voortdurende proses van Christelike groei deur die genade van God om aan die beeld van Jesus Christus gelykvormig te word. Die gelowige is vrygemaak van die heersende mag van sonde. Hy vind oorwinning daaroor deur onderdanigheid en gehoorsaamheid aan die Woord en Gees van God. Hy stel homself tot die beskikking van God om diensbaar aan die geregtigheid te word (Joh. 17:17; Rom. 6:5-6, 11-18, 8:13, 28-29a, 12:1; 2 Kor. 7:1; Ef. 4:21-24).

c) By die verskyning van Jesus Christus met die wegraping/wegvoering van die gemeente, sal die gelowige volkome verheerlik word en vry van die teenwoordigheid van sonde wees (1 Joh. 3:2; 1 Thess. 5:23).

10. Aangaande Die Gemeente

Ons glo...

a) dat die gemeente ‘n Nuwe Testamentiese instelling is, gestig is deur Jesus Christus, waarvan Hy die enigste Hoof is; bekend gemaak deur die apostels, bekragtig en onderhou deur die Heilige Gees. Die gemeente is, as liggaam van Christus, tot Sy diens en ‘n bruid tot Sy eer. Dit het begin met die Heiliges van die Nuwe Testament na Pinkster en sal volbring word by die koms van Jesus Christus met die wegraping (Matt. 16:18; Hand. 1:8, 2:1-13, 41-47, 15:14; Ef. 1:22-23, 3:21. 5:23-32; 1 Thess. 4:13-18).

b) dat die plaaslike gemeente...

    • bestaan uit gedoopte gelowiges, saamgebind deur die belydenis van hul geloof in Jesus Christus en ‘n interafhanklike verhouding met mekaar (Hand. 2:41,42; Ef. 4:1-24);

    • die doop en die nagmaal onderhou as ordinasies en nie as sakramente nie (1 Kor. 11:1). Daarmee bedoel ons dat hulle nie reddende genade verskaf nie maar in gehoorsaamheid en aanbidding van gelowiges onderhou word;

    • se twee gemeentelike ampte die van leraars en diakens is, wie se kwalifikasies, aansprake en verpligtinge duidelik uiteengesit is in die Woord van God: (Hand. 6:5,6, 14:23, 15:23, 20:17-18; 1 Pet. 5:1-4; 1 Tim. 3:1-7, 8-13)

        • Leraars /ouderlinge – “...waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee...” (Heb. 13:17)

        • Diakens – “...die wat goed gedien het verkry vir hulle ‘n eervolle plek...” (1 Tim. 3:13)

    • die verantwoordelikheid van selfbestuur het, vry van enige invloed van buite die gemeente of van ander organisasies; met Christus as die enigste Hoof, gelei deur die Heilige Gees deur middel van die Woord (Kol. 1:18; Ef. 1:22,23, 5:23,24; 1 Pet. 5:1-4);

    • se ware opdrag uitgespel is in die Nuwe Testament en soos gesien in die verkorte weergawe van Mattheüs 28:19-20

        • om dissipels te maak,

        • om gelowiges te doop en by die plaaslike gemeente in te sluit en

        • om hulle te leer om gehoorsaam aan Sy Woord te wees soos Hy beveel het;

    • die doelwit het om in hierdie verlore wêreld die Here te verheerlik. Om hierdie doel te bereik moet die Woord van God sy regmatige plek in die lewe van die gelowige hê – in sy privaat godsdiens, openbare aanbidding en met wie hy verkeer. Daarom moet in die dienste en samekoms van die gemeente, die prediking en leer van die Woord van God voorkeur geniet (2 Tim. 4:1-2). Daardeur word die Gemeente:

        • toegerus vir hulle dienswerk (Ef. 4:11-16)

        • aangemoedig en in staat gestel om die Woord na andere uit te dra (2 Tim. 3:14-17)

        • beskerm teen vals leer en vorms van aanbidding wat aan die begeertes van die vlees voldoen (2 Tim. 4:3-5). Die Gemeentelike danksegging, liedere en gebed, met die Woord as sentrale tema, eer die Here en laat die gemeentelede mekaar leer en vermaan (Kol. 3:16-17; Ef. 5:18-21 en Heb. 10:23-25);

    • sal met ander ware gemeentes saam werk om die evangelie uit te dra en geloof in Christus te bevorder, dat elke gemeente self sal besluit in watter mate en op watter wyse hulle hieraan sal deelneem (Hand. 15:22; Jud. 2-3; 2 Kor. 8:23-24; 1 Kor. 16:1-3);

    • in alle sake rakende lidmaatskap, beleid, beheer en bestuur, dissipline en liefdadigheid volgens die Woord van God alleen gelei sal word (Mal. 3:10; Lev. 27:32; 1 Kor. 5:11-13).

11. Aangaande Die Ordinansies van die Gemeente

Ons glo...

a) dat die Doop van Gelowiges...

    • die onderdompeling van ‘n gelowige in water is (Hand. 8:36-39; Joh. 3:23; Rom. 6:4,5)

    • in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees bedien word (Matt. 28:19)

    • ‘n waaragtige getuienis en afbeelding van...

        • die gelowige se vereenselwiging met die Here Jesus Christus se dood, begrafnis en opstanding is, asook,

        • die gelowige se afgesterwe van die ou mens en weergeboorte in ‘n nuwe lewe is (Rom. 6:3-6)

    • onderskei moet word van die doop van die Heilige Gees (Rom. 8:9; 1 Kor. 12:3,13). Met die doop van die Heilige Gees word ons oomblik na ons redding geseën met die inwoning van die Heilige Gees vanaf ons wedergeboorte (Rom.8:8-9; 1 Pet.1:2; Hand:11:16; Titus 3:5);

b) dat die Nagmaal ‘n herdenking is van ons Heiland se dood totdat Hy weer kom. Die gebruik van die gebreekte brood en vars sap van die wingerdstok is ‘n simbool van die prys wat die Here Jesus vir ons aan die kruis betaal het. Hierdie herdenking moet altyd vooraf gegaan word met waaragtige selfondersoek en belydenis (1 Kor. 11:23-28).

12. Aangaande Die Regverdiges en Die Goddeloses

Ons glo...

a) dat daar ‘n radikale en fundamentele verskil tussen die regverdiges en goddeloses is (Gal. 3:22, 26; Gen. 18:23; Spr. 11:31; 1 Pet. 4:18);

b) dat mense alleenlik geregverdig word deur geloof in die Here Jesus Christus en afgesonder word deur die Gees van God om regverdige kinders van God te word (Rom. 1:17; 1 Kor. 15:22; Joh. 5:24; Rom. 3:22-24, 4:22-24; Ef. 1:5-7);

c) dat mense wat voortgaan in onboetvaardigheid en ongeloof, goddeloos in die oë van God is, veroordeel is en dat hulle onder die toorn van God bly (Joh. 3:18, 36; Rom. 3:19, 6:23, 7:5; 1 Joh. 5:19);

d) Die onderskeid tussen regverdiges en goddeloses bly van krag voor en na die dood en die goddeloses sal ‘n ewige straf in hel se vuur ervaar (Matt. 25:34, 41, 46; Luk. 6:25-26; Rom. 6:23; Heb. 9:27; Open. 20: 10-15).

13. Aangaande Die Regering

Ons glo...

a) dat die regering deur God ingestel is, in belang van die mens om goeie orde te handhaaf (Rom. 13:1-7; Ex. 18:21-22);

b) dat daar vir die regering gebid moet word, dat hulle eerbiedig en gehoorsaam moet word, solank hulle nie eis dat ons ongehoorsaam aan die Here moet wees nie (Matt. 22:21; 1 Tim. 2:1-2; Tit. 3:1; 1 Pet. 2:13-14, 17; Hand. 4;19-20, 5:29; Dan. 3:17-18, 6:10-11);

c) dat die posisie en verantwoordelikhede van die gemeente en die regering nie gemeng moet word nie (Matt. 10:28, 22:21,23:10; Ps. 72:11; Fil. 2:10-11).

14. Aangaande Die Gesin

Ons glo...

a) dat die huwelik tussen man en vrou die plan van God is en heilig is in Sy oë (Gen. 2:18-25; Matt. 19:3-9; Ef. 5:18-32; Mal. 2: 13-16);

b) dat die rol van die man, vrou, ouer en kind duidelik in die Skrif omskryf word (Ef. 5: 21-33; Kol. 3:18-21; 1 Pet. 3:1-7);

c) dat intieme verhoudings heilig is en vervulling alleenlik binne die band van die huwelik gevind word, en verbied word buite die huweliksverhouding (1 Kor. 7:2-6; Heb. 13:4);

d) dat kinders ‘n seën van God is en dat dit die ouers se verantwoordelikheid is om hulle op te voed in liefdevolle tug en vermaning van die Here, en bewustelik te onderrig in die waarhede van God en Sy beginsels van die lewe (Ps. 127:3; Ef. 6:4; Deut. 6:6,7; Ps. 78:4-7; Spr. 22:6 en 17:6).

15. Aangaande Die Opstanding en Koms Van Christus en Verwante Gebeure

Ons glo die Heilige Skrifte aangaande hierdie onderwerpe volkome en aanvaar hulle volgens ‘n letterlike metode van interpretasie (sien 1.g).

Ons geloof sluit in dat...

a) Jesus Christus uit die graf liggaamlik opgestaan het (Matt. 28:6,7; Luk. 24:39; Joh. 20:27; Rom. 4:25; 1 Kor. 15:4-8; Mark. 16:6; Luk. 24:26; Hand. 2:24-32, 3:15, 4:2);

b) Hy opgevaar het en sit aan die regterhand van God (Hand. 1:9,11; Luk. 24:51; Mark. 16:19; Heb. 10:12);

c) Hy nou ons Hoëpriester is (Heb. 4:14-16, 7:24-25, 8:6; 1 Tim. 2:5; 1 Joh. 2:1);

d) Hy op die wolke sal kom om die gelowiges te haal en hulle liggaamlik sal verander (1 Thess. 4:16-17; Hand. 1:11; Heb. 9:28; 1 Kor. 15:51-53; Fil. 3:20-21);

e) die gelowiges uit die dood sal opstaan (1 Thess. 4:16; 1 Kor. 15:42-44, 15:52);

f) die gelowiges se werk geoordeel sal word voor die regterstoel van Christus, of dit beloon moet word of nie (2 Kor. 5:10; 1 Kor. 3:11-15; Rom. 14:10; 2Tim. 4:8);

g) Jesus Christus liggaamlik sal terugkeer na die aarde en die gelowiges saam met Hom sal bring en gedurende die duisend jarige vrederyk vanaf die troon van Dawid sal regeer (Matt. 24:29-31; Luk. 1:32; Jes. 9:6, 11:1-5, 32:1; Hand. 2:29-30; 1 Kor. 15:25; Open. 20:1-6);

h) die ongelowige dood sal opstaan om geoordeel te word voor die Groot Wit Troon van God. Hulle sal volgens hulle werke geoordeel word en omdat hul name nie in die boek van die lewe is nie, sal hulle in die poel van vuur gewerp word (Open. 20:11-15; Matt. 14:30-32);

i) die Here sal ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde skep en Sy kinders sal vir ewige met Hom wees (Open. 21:1-5; 2 Pet. 3:10-13).