God bied betekenisvolle lewens

God het die mens “na sy beeld” geskape - “man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen. 1:27). Die gelykenis van God behels ‘n geestelike, morele en sosiale karakter wat ‘n goddelike betekenis aan hulle lewens sou gee. Nadat God die mens as man en vrou geskape het, het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers…(daaroor)” (Gen. 1:28). God het in sy skeppingsaksie en seëning van die mens, betekenis aan hulle lewens gegee. In hierdie studie gaan ons kyk na die PLEK, PRINSIEP en PLAN van ‘n betekenisvolle lewe.

1. Die PLEK waar ons betekenisvolheid verkry

In my persoonlike lewe

Die uitlewing van God se wil vir ons lewens, gee betekenis aan ons lewens. Paulus verklaar in 1 Thess. 2:4 dat dit God se wil is dat “alles mense gered word en tot die kennis van die waarheid kom.” Enige iemand wat ‘n betekenisvolle lewe wil hê, moet dus gered word van ‘n lewe van betekenisloosheid en oorgaan van die koninkryk van die duisternis na die koninkryk van die lig. Betekenisvolheid is dus ‘n geestelike perspektief wat net deur geloof in die Bybel verkry kan word.

In my gemeente (broers en susters in Christus)

Buiten ‘n wedergebore persoonlike lewe, bied die Here ook betekenisvolheid van geestelike interaksie wat in ‘n plaaslike gemeente, as de liggaam van Christus, plaasvind. Ons word gevra “om te wandel waardig die roeping” wat ons ontvang het (Ef. 4:1). Dit kom deur die geestelike bediening van die plaaslike gemeente wie se taak dit is “om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam…” (Ef. 4:12). Vir dit om plaas te vind moet ons “nie meer wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie…” (Ef. 4:17), maar streef daarna om heilig te leef. (Ef. 4:7,12; Rom. 12:3-6a; 1 Kor. 12:12-27; 1 Pet. 4:11).

Betekenisvolle lewens kan nêrens beter gedefinieer en gedemonstreer word as in die plaaslike gemeente nie as die liggaam van Christus nie. (Rom. 15:14; 12:10; 13:8; 14:13,19; 1 Kor. 12:25; Gal. 5:13; 6:2; Ef. 4:1,2; 4:32; 5:18-21; 2 Kor. 11:9; 9:7; Fil. 4:5; Kol. 3:9,12, 13,16; 1 Thess. 3:12; 4:8; 5:11,14; Heb. 10:23-25; 13:7; Jak. 5:9,16; 1 Pet. 4:9; 1 Joh. 4:7,11,12; 2 Joh. 5)

In my gesin (ouer en kind verhoudings, huwelike)

Dit is God se wil vir ‘n man en vrou om ‘n gesin te begin deur kinders in die wêreld te bring (Gen 1:28). Deur middel van die gesin opset kry individue die kans om sinvolle bydraes te maak in ander se lewens en leer individue om karakter te bou wat dan ‘n betekenisvolle lewe ondersteun.

In my gemeenskap

Die Here het bepaal dat die mens se lewe betekenis vind as hy die aarde sal vul, om daar waar hulle sal kom, die Here te soek (Gen. 1:28; 2:8; 9:1; Hand. 17:26).


Die PRINSIEP van betekenisvolheid

So geskape - ‘n werketiek

Betekenisvolheid is die gevolg van ‘n goeie werketiek, want dit is hoe ons geskape is. God het “geskape” en onderhou. Die Here Jesus “werk” en so ook sy Vader (Joh. 5:17). Ons is geskape om te kan werk en om dit wat geskape is te onderhou tot eer van God (Gen. 2:15; Spr. 14:23).

Die effek van sonde

Met die toetrede van sonde, is die mens se waarde radikaal beïnvloed. (Rom. 3:11) Omdat die mens in hierdie toestand is en nie deur persoonlike waarde of meriete God se guns kan wen nie, is daar verandering nodig. Om God se oorspronklike wil en doel vir sy lewe te bereik, moet die mens ingrypend verander. (Ps. 51:9-13; Joh. 3:3; 2 Kor. 5:17; 1 Kor. 2:9-16; Joh. 15:5; Tit. 3:4-7) Daarom het redding alles te doen met ‘n betekenisvolle lewe. (Joh. 15:8; Joh. 15:16; Rom. 8:29; Ef. 2:10; Fil. 1:11; Tit. 2:14)

Die maatstaf van sukses

Nadat ons tot wedergeboorte gekom het, verander die basis en maatstaf vir ‘n suksesvolle lewe en betekenisvolheid (Luk. 12:15; Jos. 1:8; Jos. 24:15; Ps. 1:1-3; Ps. 37:30,31,34; Spr. 15:16; Matt. 7:24,25; Joh. 13:17; 1 Tim. 4:15). Vir God is ‘n betekenisvolle lewe ‘n lewe gevul met wysheid, verstand, nederigheid van gees en ootmoedigheid en beter as ‘n lewe van finansiële sukses (Spr. 16:16-19). Om die waarheid te sê, waarsku God enige iemand wat hierdie maatstaf verwerp en eerder sekerheid en sukses probeer vind in populariteit, finansiële sukses, status, skoonheid ens. (Ps. 1:4; Ps. 37:12,18,19; Pred. 5:9,10; Spr. 25:6,7; Jes. 2:12,17-22; Dan. 4:28-33; Luk. 12:16-21; 16:19-26)

Betrokkenheid

Betrokkenheid is die gesindheid van ‘n betekenisvolle lewe. Betrokkenheid word in die Woord vir ons verduidelik as ‘n belangstelling in die sake waaroor die lewe gaan. (Spr. 31:27; Matt. 25:14-46; Rom. 1:11; 1 Kor. 9:22; Fil. 1:19-20; 1 Tim. 1:16; 1 Tim. 5:8). Betekenisvolheid in ons lewens word verhinder as daar onopgeloste konflik of verhouding sake is, hetsy dit teen ons gerig is of wat ons dalk teen ‘n ander party koester. Verdra mekaar en vergewe mekaar, is die Bybelse raad hiervoor.

Die Liefde vir die Liggaam Beginsel

‘n Betekenisvolle lewe word uitgebeeld as deelname aan die liggaam van Christus, waar die lid wat minderwaardig lyk juis ‘n meerderwaardige plek het in die gemeente (1 Kor. 12:12-27).

Diensbaarheid

Die hoogste vorm van betekenisvolheid is diensbaarheid (Matt. 20:28; 1 Pet. 4:10; Rom. 15:25, 27; 1 Kor. 4:1,2; 2 Kor. 4:1; 9:1; 2 Tim. 1:18; Heb. 6:10). ‘n Betekenisvolle lewe kan ‘n goeie getuienis wees aan nie-gereddes mense. ‘n Onbaatsugtige en vrywillige dienaar kan deur ‘n betekenisvolle lewe verskeie geleenthede skep om die evangelie te deel met ander mense. Mense sal veel eerder na ‘n hulpvaardige dienaar luister as na ‘n jagter van sukses. Jou getuienis van ‘n betekenisvolle lewe is jou paspoort na ander se hart vir Christus.

Bruikbaarheid in rolvertolking – man, vrou en kinders

Baie mense werk tot aftrede en stop dan om bruikbaar te wees tot afsterwe. Mense met soveel ervaring, kundigheid en ‘n beproefde geloof kan baie waarde hê in ons lewens. Ons moet ons kinders leer dat ouma en oupa hulle ‘n perspektief gee wat nie andersins beskikbaar is nie. Die betekenisvolheid van ‘n man se lewe word in sy bruikbaarheid vasgelê (Gen. 18:1-8; Gen. 2:18; Deut. 6:5-12; Spr. 14:1; 31:11-27; Spr. 15:13; 17:22; 31:28; Ef. 5:23,25; 28,29,33; 1 Tim. 3:4,5,7,11,12; 5:8; Tit. 2:4,5; 1 Pet. 3:1,3,4,5)

Die betekenisvolheid van ‘n kind se lewe word in sy bruikbaarheid vasgelê (Ps. 127:4,5; 128:3; Spr. 1:8; 3:21; 4:1; 10:1a; 10:5; Spr. 23:15,16; 23:22,23,24; 29:11; 31:28; Ef. 6:1,2)


Die PLAN vir ‘n betekenisvolle lewe

Persoonlike redding en bruikbaarheid in die gemeente

In watter spesifieke maniere kan ons persoonlik bruikbaar wees in die samelewing en wêreld waarin ons leef? Tit. 2:9,10; Kol. 3:22,23; Ef. 6:6-8; Matt. 5:41; Pred. 5:11; Spr. 10:4; 21:5; Spr. 25:13; Luk. 16:10; 1 Pet. 2:18-20

Betrokkenheid in die Huwelik, Ouerskap (Oupa en ouma wees)

Hoe kan ek ‘n goeie huweliksmaat wees?

Hoe kan ek ‘n goeie ouer wees? Ef. 6:4

Hoe kan ons goeie oupas en oumas wees? (Rut 4:13-17; Luk. 2:36-38; Heb. 11:13; 2 Tim. 1:5

Diensbaarheid as goeie landsburger en werknemer

Hoe kan ons goeie landsburgers wees? (1 Pet. 2:17; Rom. 13:1,6,7; Tit. 3:1; 1 Tim. 2:1-2)

Hoe kan ek ‘n goeie werknemer wees? (Gal. 6:10; Ef. 5:16; Luk. 10:30-37; Spr. 18:14)