Hulp vir Helpers

"Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus." (Gal. 6:1-2)

Die anderkant van moedverloor vlakte

deur Chris Wilhelm

As jy al op moedverloor se vlakte was, sal jy weet dat dit nie so maklik is om aan die anderkant uit te kom nie. Party mense noem die ervaringe op moedverloor se vlakte depressie of neerslagtigheid, maar dit is nie so maklik om dit bloot ‘n naam te gee en alles is verby en ons kan aangaan met ons lewens nie, want dit wat daar op moedverloor se vlakte gebeur is meer as dit.

Raad aan 'n enkelouer

deur Chris Wilhelm

Vraag: Hoe om die jong kind van ‘n enkel ouer wat kwellende dinge sê te beraad?

Die Bybel of Ervaring in Berading

deur Jay E. Adams

Daar word vandag ‘n standpunt gehuldig wat verskeie vorms aanneem, wat potensieel gevaarlik is en baie skade kan aanrig. Dit word aangevuur deur die begeerte om by God se Woord te voeg en dit lei tot grootskaalse verwarring.

Neem beheer van die gedagtes

‘n Inleiding tot die Opsomming van Bill Hull se boek “Right Thinking”

Van tyd tot tyd word die gelowige se denke oorheers met geestelike traagheid of belangeloosheid.Omdat dit frustrerend vir die siel is om te moet staat maak op ‘n reeks lewenskrisisseom ons vaneen plato na die volgende te neemis die versoeking om in ‘n geestelike groef te verval‘n werklikheid. Die uitdaging wat enige gelowige in die gesig staar is om die aandag op konsekwente geestelik te groei te plaas eerder as op geestelike krisisbestuur.

Na-geboorte Depressie

deur Tygerberg Baptiste Kerk

Hierdie videogrepie stel ons bekend aan die diep innerlike gewaarwording wat amper elke vrou beleef wanneer hulle 'n kindjie in die wereld inbring. Dit help ook Christene om in staat te wees om te diegene te help wat deur hierdie trauma tye gaan.

Nageboorte Depressie ver 2.wmv

Hulp vir Helpers - Verskeie Temas

deur Marc Blackwell

Hierdie boekie bevat ‘n beskrywing van die mees algemene dinge waarmee Christene vandag sukkel en praktiese raad vir die wat in liefde wil help. As hierdie nie voldoende is om die saak op te los nie, moet ‘n professionele pastorale berader genader word. Dit is vir nie-profesionele beraders wat net graag wil help. Die bevat temas soos bv. stres, woede, eensaamheid, kommer ens.

Moenie bang wees vir eensaamheid nie

deur Marc Blackwell sr.

God het vir ons eensaamheid gegee sodat ons ‘n verhouding soek. Eensaamheid is ‘n gevoel wat tot ons diepste wese spreek om aan iemand te behoort en erken te word. As ons eensaamheid ervaar, is onsdikwels verbouereerd en skaam, of dink dat daar iets met ons verkeerd is.

Die Hantering van Woede

deur Marc Blackwell sr.

Woede kan vanuit ‘n Bybelse standpunt as sondebeskou word. Die volle implikasies van opgekropteen onbeheersde woede, in teenstelling met woedewat gebruik word as ‘n konstruktiewe mag virverantwoordelike oplossings tot eer van God, wordegter nie altyd begryp nie.

Die Hantering van Stres

deur Marc Blackwell sr.

Daar is verskillende vaardighede wat ontwikkel kan word om faktorewat stres veroorsaak beter te kan hanteer.

Die Dood van 'n Geliefde

deur Marc Blackwell sr.

Die dood van ‘n geliefde is oorweldigend.Verlies maak seer, maar as jy jou tot Godwend, sal dit jou nie vernietig nie. MetGod se hulp kan jy die genade en kragvind om ook die hartseer aan Hom teonderwerp tot sy eer.

Die Fyn Kuns van Geestelike Kommunikasie

deur Marc Blackwell sr.

Slegte kommunikasie of ‘n gebrek aan kommunikasie is een van die hoof oorsake wat kan aanleiding gee tot ‘n egskeiding. ‘n Gereelde en vooraf geskeduleerde vergadering tussen huweliksmaats om sake van gemeenskaplike belang te bespreek kan hier van waarde wees. Sake soos die begroting, lang termyn planne (vakansies, groot aankope, ens.) moet verkieslik uit gewone gesprekke gelaat word om in daardie beplandeweeklikse vergadering bespreek te word.

Perspektiewe oor Leierskap

deur Marc Blackwell sr.

Moontlikheid en waarskynlikheid – As die moontlikheid bestaan dat iets kan gebeur, beteken dit nie noodwendig dat dit na alle waarskynlikheid gaan gebeur nie. Byvoorbeeld, die moontlikheid bestaan vir my om fiks te word en gewig te verloor, maar die waarskynlikheid dat dit gaan gebeur mag dalk nie baie goed wees nie. Ek moet dus nie net dink aan die moontlikheid dat iets kan gebeur nie, maar ook die waarskynlikheid dat dit sal gebeur in ag neem. Wat is die verskil? Risiko! Leiers moet dink aan die risiko betrokke by die maak van besluite. Risiko beïnvloed nie die moontlikheid dat iets kan gebeur nie, maar wel die waarskynlikheid of dit wel sal gebeur. Leier moet die verskil ken en nie maak asof die een die ander is nie.

Konflik Oplossing

deur Marc Blackwell sr.

Konflik is 'n deel van ons lewens. Hoe moet ons dit hanteer as ons daarmee te doen kry? Die volgende kort artikel bied handige raad.

Kettingreaksie wat moontlik mag lei na egbreek

deur Wayne Mack

Egbreek is 'n realiteit vandag. Waarvoor moet ons oppas as ons nie deel van die statistiek wil wees nie.