Die Huwelik en Gesinslewe

Die Bybel gee baie praktiese riglyne vir die gesin soos die verlangde gesindheid van die lede om geestelike groei en eenheid te bevorder wat tot 'n gelukkiger en vervulde lewe lei.

Sewe Karakterbou Beginsels vir die Gesin

Deur Chris Wilhelm

Die gesin was naas die huwelik die eerste menslike instelling van God op aarde. Voordat daar ‘n regering of ‘n kerk was, het God, in die tydperk van onskuld, die huwelik ingestel en die gesin as die basiese boublokke van die samelewing daargestel. God het van die begin af bepaal dat die klein groepie van die gesin die eenheid is waarin volwassenes hulle vervulling soek en waarin kinders ‘n veilige hawe het om te ondersoek, te vra en te leer. As die samelewing stry vir die regte van die individu (bv. kinderregte, feminisme, saambly eerder as trou), breek dit hierdie God-ingestelde eenheid af en sal die samelewing daaronder lei. Dit is die wil van God vir elke individu om hulle rol in die gesin te verstaan en met die regte gesindheid te vertolk in gehoorsaamheid aan God. Die volgende is sewe beginsels wat ouers kan gebruik om karakter te bou in hulle gesinne en weer God se prioriteit vir die samelewing te herstel.

Lees verder...

Dit is tyd om jou kinders te leer

deur dr. Marc Blackwell Sr.

Hierdie boekie verduidelik sekere van die aspekte van die verantwoordelikheid wat Christenouers het om hulle kinders Bybels op te voed. Dit handel oor die praktiese sy van dissipline en dienswerk in die lewe van die kind.

Lees verder...

Die Huwelik

deur dr. Marc Blackwell Sr.

‘n Christenhuis is nie ‘n huisgesin waar almal Christene is nie, maar waar elkeen leef op grond van die Christelike waarhede wat in die Bybel uitgelê word. ‘n Christenhuis is dus ‘n plek waar individue onderdanig is aan God en Sy Woord. Baie mense is geneig om hul huise as “Christelik” te bestempel, maar die realiteit egter is dat hulle persoonlike lewens deur onchristelike optrede, verhoudings en ongehoorsaamheid aan God se Woord gekenmerk word. ‘n Christenhuis is waar weergebore familielede, Jesus as persoonlike Verlosser ken en die beginsels van God se Woord in hul daaglikse lewens toepas.

Lees verder...

Rolverdeling in die gesin

deur Chris Wilhelm

Dit is nie maklik vandag om gesonde gesinsverhoudings op te bou nie. Hierdie kort studie leer ons om elke rol in die gesin reg te verstaan.

Lees verder...

Die Christengesin

deur Chris Wilhelm

Die gesin is in wese ‘n kleiner weergawe van die gemeente en die gemeenskap. God het die gesin daargestel om kinders voor te berei vir deelname in die gemeente, sodat hulle ‘n volwaardige plek in die gemeenskap kan inneem.

Lees verder...