Woorde van Lewe Tydskrif

"Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus." (2Timotheus 3:16).

Dit vat nie baie om deesdae onrustig gestem te word oor wêreldgebeure en waarheen die wêreld oppad is nie. Amper elke koerantberig, “blog”en televisieprogram wys daar is groot fout. Almal sê dieselfde ding, dat alles met ʼn groot gejuig agteruitgaan. Daarmeesaam soek elke aktualiteitsprogram raad van die kenners oor wat verkeerd is, die rede daarvoor en wat ons gaan doen om dit reg te stel. Dag in en dag uit praat hulle oor dieselfde dinge, probeer die blaam te plaas en probeer die regte perspektief te kry. Tussen “toi-toi”en teologie is daar min konsensus oor die oorsaak en oplossing van die probleem. Luister ons na die wetenskaplikes, is hulle smalend selfversekerd dat die volgende geslag, wat volgens hulle in die ontwikkelingsgang van evolusie is, die probleme sal uitsorteer, omdat hulle geneties beter instaat sal wees daartoe. Niemand is egter presies seker wat fout is nie. Hierdie tydskrif bevat leersame materiaal om te begin om antwoorde te bied.

Een van die belangrikste Christelike beginsels in die Bybel handel oor leerbaarheid. Om ‘n Christen te wees wat Jesus se lewe nastreef, moet ons dissipels wees wat altyd bereid is om te leer. Dit is die hoofbeginsel van dissipelskap - “Leer van my“(Matt. 11:28-30). Jesus sê ook in Matt. 10:25 dat ’n leerling tevrede moet wees as dit met hom gaan soos met sy leermeester, en ‘n slaaf as dit met hom gaan soos met sy baas. Leerlinge en dissipels word nie anders behandel as hulle mentors nie. Hierdie tydskrif bevat leersame materiaal oor die Christen lewenswandel.

Die meeste van ons wil ons kinders volgens ‘n Bybelse waardestelsel en Christelike beginsels grootmaak. Die motivering en materiaal is beskikbaar, maar tog sien ons elke dag hoedat ons jeug verder en verder wegbeweeg van die geestelike waarhede wat hulle nodig het om die lewe te hanteer en as Christene te leef. Ouers blameer onder andere die gejaagdheid van die lewe en hulle stryd teen tyd. Hierdie tydskrif bevat handige raad aan ouers.

Die krag van enige kultuur lê in sy moraliteit, gesinswaardes en persoonlike karakter. God alleen kan die morele karakter skenk wat ons nodig het om die hedendaagse uitdagings in ons kultuur te oorkom. Geestelike krag en karakter is nie opsioneel in tye van vooruitgang of oorlewing nie. Die Westerse wêreld, wat ook Suid-Afrika insluit, staan voor die allergrootste sosiale, morele en geestelike veranderinge. God het aan die kerk die geestelike mandaat en verantwoordelikheid gegee om die samelewing deur hierdie troebel water van verandering te lei.

Volume 5 - 2015 - God en ons Wêreld

Volgens CANSA statistieke1, word 14 miljoen mense wêreldwyd, elke jaar met kanker gediagnoseer. 90% van alle kankers word veroorsaak deur omgewing-en leefstylverwante faktore, soos bv. rook, dieet en oefening. Meer as ‘n 100,000 Suid-Afrikaners word elke jaar met kanker gediagnoseer. 6 uit 10 Suid-Afrikaners oorleef die gevreesde siekte deur behandeling. 1 uit elke 4 Suid-Afrikaners word op een of ander manier deur kanker geraak, hetsy deur eie ervaring of deelname aan die ervaringe van ‘n familielid of vriend. Hierdie tydskrif bevat kort artikels wat handel oor die algemene wêreld waarin ons almal beweeg.