Helios Christelike Teologiese Lesse

Hierdie lesse is 'n volledige reeks lesse oor al die belangrikste temas in die Christelike geloof. Jy kan dit handig gebruik as jy aan iemand die Christelike geloof wil verduidelik. Van die temas handel oor wie God is, wat sonde is en hoe ek daarvan gered kan word, die eindtyd gebeure en wat ander mense, wat nie Christene is nie, glo. Die lesse is in klankgrepe en teks formaat beskikbaar gemaak deur die bekwame span van die Tygerberg Baptiste Kerk.

Hierdie lesse fokus op wat die Bybel is en wat dit ons aangaande God wil leer.

Hierdie lesse fokus op die rede waarom Christene in God kan glo, in ’n God wat hulle nog nooit gesien het nie.

In hierdie sessies word gekyk na net die een persoon van die Heilige Drie-eenheid – God die Vader.

Hierdie sessies fokus op dit wat ons glo oor God die Seun, die Here Jesus Christus.

Ons gaan ’n reeks besprekings begin oor die Heilige Gees en sy rol in ons lewens.

Die fokus hier is oor wat engele en demone regtig is en ook wat hulle nié is nie.

Ons fokuspunt in hierdie afdeling is Satan – sy karakter, sy val, sy bedrywighede in die wêreld vandag en sy toekoms.

Die Bybel bied inligting oor God wat ons nêrens anders kan kry nie, maar so ook unieke inligting oor onsself, oor my en jou; die mensdom.

Sonde het ons hele wêreld deurdring. Die mensdom is deurdrenk met sonde. Satan het sonde laat ontstaan.

In hierdie sessie fokus ons op God se verlossing, sy grootste geskenk aan die mensdom. Daardie geskenk het deur ʼn Persoon gekom – die Here Jesus Christus!

In hierdie sessies wil ons alles oor die Kerk leer, hoe dit begin het, wanneer dit begin het, waarom Christus die Kerk ingestel het en hoe Hy op hierdie oomblik besig is om die Kerk te bou.

Die toekoms begin nie oor honderd of oor duisend jaar nie. Dit beteken dat ons oor die toekoms moet dink in terme van nou of wat volgende gaan gebeur of as ons in die volgende minuut sou sterf, wat ons dan te wagte kan wees. Dit is waaroor ons meer gaan leer hier.

Onthou, vir Christene verander die lewe dramaties op daardie dag wat ons besef dat ons sondaars sonder hoop is, en ons dan die boodskap dat Jesus gekom en gesterf het vir ons sondes hoor en glo, en om ware hoop, opregte hoop, ewige hoop aan ons te gee. Dit is waaroor hierdie afdeling gaan.

In hierdie lesse gaan ons die Bybel vra om ons antwoorde te gee op ʼn paar moeilike vrae wat aan Christene gestel word. Baie mense het vrae oor die Bybel. Sommige daarvan is ernstig, ander nie.

Wat glo ander mense! Hierdie is nie ʼn studie oor wêreldgodsdienste nie, maar fokus op dit wat ander godsdienstige mense glo. Ons wil dit wat hulle glo, vergelyk met wat ons as Christene glo.

Die Helios Christelike Teologiese Lesse is deur Woodrow Kroll, ‘n Amerikaanse Bybel Leraar, geskryf en uitgegee vir gebruik in Afrikaans. Dit is deur Lariza Hoffman in Afrikaans vertaal en deur NuFaith Studios opgeneem. Die redigeerder en stemkunstenaar is Pieter Cillié, bygestaan deur sy vrou Alta. Ons is ook dankbaar vir die visie van beide Marc Blackwell senior en junior wat dit alles moontlik gemaak het.