Gebruik die energie in woede om die probleem op te los

Deur pastoor Bill Goode, gewese Uitvoerende Direkteur van NANC


Onbeheersde woede is baie gevaarlik, want baie keer word dit as ‘n “aanvaarbare” sonde gesien. Uitlatings soos ... “Ek het alle reg gehad om...“, en “Jy moes gesien het wat sy aan my gedoen het...” word gereeld in Christen-huise gehoor.

Onbeheersde woede rig skade aan op baie maniere. As gevolg van onbeheersde woede vergeet die egpaar daardie spesiale oomblikke en onthou eerder die woorde wat ontstel en seermaak. Indien dit nie aangespreek word nie, kan ouers ook ideale wat hulle vir hul kinders stel, afskeep. Kommunikasie word bemoeilik, bedienings word belemmer en getuienisse word afgeskeep.

Nadat ons die Beradene gehelp het om te besef dat woede sonde is en dat dit so hanteer moet word, kan ons ses stappe volg om woede-energie konstruktief te gebruik om probleme en konflik op te los.

1. Herken, erken en bely die sondigheid van onbeheerse woede

Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.(Spr. 28:13) Belydenis beteken om saam met God te stem oor wat sondig is en te aanvaar dat daar geen verskoning daarvoor is nie. Hy wat sy sonde bedek het nie God se genade gebruik nie. Hy was nie die slagoffer van ‘n oortreding of van sy omstandighede nie – hy het bloot die duiwel as Jesus Christus se voorbeeldgevolg. Dit moet voor God en teenoor die betrokke persone bely word.

2. Sien God se Hand in dissipline

Ons lees in Hebr. 12:5 dat daar twee dinge is wat ‘n gelowige nie uit die oog moet verloor wanneer hy gedissiplineer word nie; hy moenie moed verloor nie en hy moet nooit dissipline geringskat nie. Paulus sê in Rom. 8:28 “En ons weet dat vir julle wat God liefhet, alles (nie net sekere, of die meeste dinge nie, maar alles) ten goede meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is”. Jakobus 1:2-4 moedig ons aan om dit as louter vreugde te ag wanneer ons in allerhande beproewings beland, want God gebruik dit om ons te leer om te volhard en ons sal niks kortkom nie. Ofskoon die persoon wat berading ontvang nie gelukkig of bly voel op die oomblik nie, moet hy herinner word dat emosies nie die maatstaf is nie – God is groter as ons emosies! Hy moet leer om sy verstand en wil op so ‘n manier te gebruik om ons Verlosser te gehoorsaam.

In Gen. 50:20 sê Josef vir sy broers: “God het die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is ...”. Om die energie in ons woede produktief aan te wend, moet ons weet in watter mate God beproewings in ons lewens wil gebruik, sodat ons niks kortkom nie (Jak. 1:4) en meer soos Christus word (Rom. 8:28, 29a).

3. Laat die wraak aan God oor

God alleen het die reg om wraak te neem. In Rom. 12:19 waarsku Paulus ons om die vergelding en wraak aan die Here oor te laat. Toe Josef se broers ‘n boodskap aan hom stuur om te vra dat hy hulle nie moet doodmaak noudat hul pa gesterf het nie, het Josef teruggeantwoord “moenie bevrees wees nie, want is ek in die plek van God?” (Gen. 50:19). God alleen is waardig om wraak te neem!

4. Vervang die bose met die goeie

In sy boekie “Overcome evil with good”, bespreek Jay Adams Rom. 12:17-21. Hy verduidelik dat die woord “oorwin” ‘n term is wat op die slagveld gebruik is. Dit beskryf oorwinning nie as ‘n passiewe ding nie, maar eerder as ‘n aktiewe “spring uit die loopgraaf” en veg om te wen. Woede-energie moet gebruik word om die boosheid van ‘n situasie met die goeie te vervang.

5. Gebruik kommunikasie in probleemoplossing

Die persoon wie berading ontvang, moet leer om die vier reëls van kommunikasie (Ef. 4:25-32) toe te pas om konflik te hanteer:

  1. Praat altyd die waarheid (v:25);
  2. Moenie die situasie uitstel nie (v:26);
  3. Val die probleem aan en nie die persoon (v:29,30);
  4. Wees Christelik-aktief en nie reaktief nie (v:30-32).

Verder moet ons ses vrae probeer beantwoord as ons voor ‘n moeilike probleem te staan kom:

  1. Kan ek hierdie onreg met liefde bedek?
  2. Is dit die regte tyd om daaroor te praat?
  3. Het ek al die feite reg?
  4. Is my gesindheid reg?
  5. Kom my stellings en antwoorde liefdevol oor?
  6. Het ek al daaroor gebid voor ek iet sê?
  7. Doen iets om jou aandeel daarin op te los

Paulus sê in Rom. 12:18 “As dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense”. Dit mag dalk nie moontlik wees nie, want alle mense het nie vredeliewende intensies nie, maar die gelowige is verantwoordelik vir sy eie aandeel in die saak. Dit is nie genoeg om net te bid nie. Alhoewel dit noodsaaklik is om my opinie te verander, is dit ook nie genoeg nie. ‘n Gelowige moet in krag, liefde en selfbeheersing aksie neem.

God se genade is vir ons genoeg. Selfs hierdie gewoonte van jou om kwaad te word, alhoewel dit al oor baie jare gevorm het, kan dadelik verander. Selfs Johannes, die apostel, het as een van die “seuns van die donder” – wat die toorn en oordeel van God aangekondig het, tot ‘n liefdevolle apostel verander. Die Godgegewe energie wat in woede is kan Christelik-aktief gebruik word om probleem op te los.