God het goeie nuus vir jou!

Die Bybel, God se geskrewe openbaring aan die mensdom, het ‘n wonderlike boodskap net vir jou!

Hebreërs 1:1 sê: “NADAT God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun” Die Heilige Skrif bevat alles wat ons behoort te weet omtrent hoe ons Skepper wil hê ons moet leef 2 Timotheus 3:16 sê: “ Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”.

Daar is ontelbare waarhede waarvolgens ons kan lewe en wat gevind kan word in God se geskrewe boodskap aan ons, Sy geopenbaarde Woord. Dit (God se openbaring aan ons) word verder toegelig en bekend gemaak deur die openbaarmaking van Jesus Christus; deur Sy lewe en lering en Sy liefde.

Heb. 1:2-3 sê: “wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. Hy wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,”

Van die mees eenvoudige waarhede het te make met die Here se liefde en sorg vir ‘n ongelowige Israel en met vandag se Nuwe Verbond tydperk (Jeremia 31:31). Dit handel oor God se genade en liefde aan beide gelowige Jode en nie-Jode, Sy liefdevolle waarskuwing ten opsigte van ons sonde en sondigheid, oor die aanbod van Sy eie geregtigheid en Sy ewige oordeel oor die hele mensdom wat nie glo nie.

Joh. 16:7-11 sê: “Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.”

Die basiese boodskap van die Bybel, maak drie dinge duidelik: 1.) Ons sonde, 2.) God se geregtigheid, en 3.) oordeel.

Eerstens, SONDE: Die Bybel sê dat die mens ‘n probleem het, en daardie probleem is sonde. Sonde is enige handeling of houding wat tekortskiet as dit gemeet word aan God se volmaakte wet. Elke een van ons het die probleem van sonde (Romeine 3:23). Die Bybel leer dat sonde gevolge het – sonde verwyder ons van ‘n heilige God (Habakuk 1:13). Die Bybel meld dat die eindresultaat van die sonde die dood is (Romeine 3:23) en dat daar niks is wat ons uit ons eie kan doen om die probleem van sonde op te los nie.

Tweedens, GEREGTIGHEID: Die Bybel sê dat daar ‘n oplossing vir die probleem van sonde is, en dat daardie oplossing in die persoon van Jesus Christus gesentreer is (Romeine 6:23). Die Bybel vertel ons dat God ons so lief gehad het dat hy Jesus, Sy enigste Seun, gestuur het om in ons plek te sterf (Johannes 3:16). Jesus het die skuld vir jou sonde betaal sodat jy nie vir ewig van God geskei hoef te wees nie. Die Bybel vertel ons ook dat Jesus die enigste oplossing vir ons sonde probleem is (Johannes 14:6).

Derdens, OORDEEL: Die Bybel vereis dat jy ‘n besluit moet maak oor jou sonde. Dit is nie genoeg om net te weet van Jesus Christus en sy sterwe aan die kruis vir jou nie. Jy moet kies om jou vertroue in Christus te plaas, en hierdie gratis geskenk van redding wat God aan jou bied, te ontvang (Johannes 1:12).

Almal van ons het die probleem van sonde. Daar is slegs een oplossing daarvoor – die persoon Jesus Christus en sy dood vir ons aan die kruis. Elkeen van ons moet ‘n besluit neem - DIE BESLUIT IS: “ WAT GAAN JY MET JESUS CHRISTUS MAAK?”

Wat is jou keuse? Daar is slegs drie moontlike antwoorde vir hierdie vraag:

  1. Om “JA” te sê; om deur geloof God se geskenk van redding aan te neem en jou vertroue in Jesus Christus te plaas.
  2. Om “NEE” te sê; om God se aanbod te verwerp. Die Bybel sê dat diegene wat hierdie keuse maak, die ewigheid, vir altyd verwyder van God, sal deurbring in ‘n plek genaamd die Hel.
  3. Om “NIE NOU NIE” te sê; om te probeer om die besluit uit te stel totdat ‘n gunstiger tyd opduik. Die Bybel sê dat God geduldig is en dat Hy wil hê dat elkeen by daardie punt moet kom waar hulle Sy geskenk van verlossing sal aanvaar (2 Petrus 3:9); maar aan geeneen van ons word belowe dat ons more steeds hier sal wees nie. Juis as gevolg van hierdie “x-faktor” naamlik die dood wat enige oomblik ons lewens kan intree, tel hierdie antwoord eintlik as ‘n “NEE”-antwoord.

So, in werklikheid, is daar net twee antwoorde op die vraag, “Wat gaan jy met Jesus Christus maak?”. Dit is om sy geskenk van verlossing te aanvaar of te verwerp.

Laat ek jou vra, “Wat het jy al met Jesus Christus gemaak?” As jy nog nooit God se gawe van die ewige lewe aanvaar het nie, kan ek nie dink aan ‘n beter tyd as nou om dit te doen nie (2 Korintiërs 6:2). As jy graag vir Christus “JA” wil sê, kan jy dit nou dadelik doen, net waar jy jou bevind, waarmee jy ook al besig is. Gebed en ‘n nederige gesindheid is noodsaaklik as ons met die Vader wil praat en Jesus Christus in ons lewens wil innooi.

Die uitnodiging is oop – jy kan die geskenk van verlossing aanvaar en ontslae raak van die sonde in jou lewe. Dit maak nie saak wat jy tans doen of in die verlede gedoen het nie. Dit is ‘n ope uitnodiging elke mens op aarde. Jesus het redding verduidelik as ‘n waaragtige geestelike verandering wat by die individu plaasvind, wat Hy “wedergeboorte” genoem het.

Johannes 3:1-18: “En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode. Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met Hom is nie. Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie bebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur? Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie? Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie. As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?

En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.. “

Jesus het gesê, “Kom na my toe, almal wat moeg en oorlaai is en ek sal aan julle rus gee.” Hy het ook gesê, “wie ook al na my toe kom, sal ek nooit wegstuur nie.”

Redding word nie verkry deur ons “goeie werke” nie, maar dit is ‘n gawe van God. Efesiërs 2:8,9 sê: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.”

So as jy Hom vra, sal Hy jou aanneem en red. Die proses vind op ‘n geestelike vlak plaas en word bewerkstellig deur die kragvolle werking van die Heilige Gees. Ons deel is om in Christus te glo en te bekeer (weg te draai van ons sondige lewenstyl) na Christus toe deur Hom as ons Verlosser en Here aan te neem.

Titus 3:5-7: “nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die heilige Gees wat hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.”

Die manier waarop gelowiges met die Here praat, is deur gebed. Jou gebed behoort jou eie te wees, vanuit jou hart tot die hart van God. As jy egter nie gewoond is om te bid nie, mag jy dalk baat vind by die volgende voorbeeld:

Hemelse Vader,

Ek weet dat ek ‘n sondaar is en dat ek sondig omdat ek ’n uiteraard opstandig is teenoor U,

Ek weet dat ek U Goddelike vergifnis nodig het.

Ek glo dat U seun, Jesus Christus, in my plek gesterf het om die straf vir my sonde te dra; dat Hy weer opgestaan het uit die dood en daaroor getriomfeer het en dat Hy aan my verlossing en oorwinning oor sonde bied.

Ek wil my bekeer van my sondige weë.

Ek vra u nou, Here Jesus, om in my lewe te kom as my Verlosser en Here.

Ek bid dit in Jesus naam. Amen.

Die Bybel sê dat elkeen wat die Here aanroep, gered sal word (Rom. 10:9-13). So, as jy Hom gevra het om in jou lewe in te kom, en glo dat Hy vir jou gesterf het om jou te red, is jy volgens die beloftes van die Bybel ‘n Christen en op pad hemel toe. Dit is wonderlike nuus!

Die lewe vir ‘n christen, is nie altyd maklik nie. Daarom is dit belangrik dat jy dadelik ander opregte, Bybelgesentreerde Christene gaan opsoek om jou te help om vol te hou in jou Christelike lewenswandel. Christenvriende en bywoning van ‘n Bybelgefundeerde Christelike Kerk is albei essensieel vir geestelike groei.

Kontak ons gerus by 079-543-7748.